Beleg van Yorktown

September 28 - Oktober 1781
Charles Cornwallis se oorgawe, soos uitgebeeld deur John Trumbull.

Die Beleg van Yorktown (Engels: Siege of Yorktown, Battle of Yorktown, Surrender at Yorktown of Siege of Little York) was ’n gekombineerde beleg van Yorktown, Virginië in die VSA, tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog. Dit het geduur van 28 September 1781 tot die uiteindelike oorgawe van die Britte op 19 Oktober van dié jaar. Die Britse hawedorp, onder beheer van luitenant-generaal Charles Earl Cornwallis, is beleër deur ’n gekombineerde mag van die Amerikaanse Kontinentale Leër onder generaal George Washington en Franse weermagtroepe onder bevel van Comte de Rochambeau.

Dit was die laaste groot landstryd van die oorlog in die Noord-Amerikaanse Teater en het die Verenigde Koninkryk aangemoedig om vrede te beding nadat Cornwallis en sy leër oorgegee het. Dit het die Amerikaners se moreel, wat destyds laag was, ’n hupstoot gegee en Franse belangstelling in die oorlog weer aangewakker. Dit het ook die openbare steun vir die oorlog in Brittanje ondermyn.[1]

  1. Herring, George C. (2011). From Colony to Superpower: U.S. Foreign Relations since 1776. New York: Oxford University Press. ISBN 978-0199765539., bl. 6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search